

Hy het by haar twee seuns en twee dogters gehad maar met die uitsondering van Annia Faustina, wat die vrou van Marcus Aurelius sou word, is hulle almal voor sy troonbestyging oorlede. By haar dood het hy haar nagedagtenis vereer deur die stigting van 'n liefdadigheid-organisasie vir weesmeisies, wat die naam Alimentariae Faustinianae sou dra. Sy vrou, Faustina, het amper 'n bywoord geword vir haar gebrek aan vroulike deug maar dit lyk asof sy haar houvas op sy liefde tot op die laaste behou het. In sy huishoudelike sake was Antoninus nie ewe gelukkig nie. Die een militêre resultaat wat vir ons nou van belang is, is die bou in Brittanje van die muur van Antoninus van die Forth af tot aan die Clyde. Opstande onder die More, Jode en Brigantes in Brittanje is maklik besleg. Hy het tempels, teaters en mausoleums gebou, die kunste en wetenskap bevorder en eerbewyse en salarisse aan die leraars van retoriek en filosofie toegeken. Een van sy eerste dade was om die senaat te oorreed om goddelike eerbetoon aan Hadrianus toe te ken, wat hulle eers geweier het dit het hom die titel van Pius (pligsgetrou in liefde) besorg. Oor die openbare transaksies van hierdie tydperk het ons maar min inligting, maar, te oordeel aan wat ons wel besit, was daardie twee-en-twintig jaar nie merkwaardig gebeurtenisvol nie. Onder sy beskerming is die wetenskap van regspraak uitgebou deur manne van hoë bekwaamheid, en 'n aantal menslike en billike wetsbepalings is in sy naam aangeneem.

Eerder as om aanleiding te gee tot daardie onderdrukking wat hy as onafwendbaar beskou het, naamlik 'n keiser se opgang danksy onderwerping, was hy tevrede om al die jare van sy heerskappy in Rome of die omgewing daarvan deur te bring. In plaas daarvan om vervolging teen die Christene aan te wakker, het hy regdeur die hele ryk sy sterk hand van beskerming na hulle uitgereik.

In plaas daarvan om alles wat vir ongunstige interpretasie vatbaar was tot hoogverraad te oordryf, het hy die sameswerings wat teen hom gevorm is, verander in geleenthede om sy genade te betoon. In plaas daarvan om te plunder om sy kwistigheid te versadig, het hy sy private tesourie leegbetaal om provinsies en stede in nood by te staan, en oral 'n suinige ekonomie toegepas (vandaar sy bynaam "komyn-splyter"). Want Antoninus het na sy nuwe amp gekom met besadigde smaak, 'n vriendelike geaardheid en uitgebreide ervaring, benewens 'n goed opgeleide intellek en 'n opregte verlange na die welsyn van sy onderdane. 'n Paar maande later, met Hadrianus se dood, het die Romeinse volk Pius entoesiasties op die troon verwelkom, wat in hul vooruitsig op 'n gelukkige regering tewens nie teleurgestel is nie. Dit was op voorwaarde dat hy op sy beurt weer vir Marcus Annius Verus, sy vrou se broerskind, sou aanneem, benewens Lucius, die seun van Aelius Verus, daarna die keisers Marcus Aurelius en Lucius Verus (kollega van Marcus Aurelius) onderskeidelik. Hadrianus het hom op die 25ste Februarie 138 n.C., na die dood van sy eerste aangenome seun Aelius Verus, as sy seun en opvolger aangeneem. Deur die amp van prokonsul van Asië te beklee het hy sy reputasie aansienlik vergroot, en het baie invloed by keiser Hadrianus verkry. verkry, en is vervolgens tot een van vier konsulêre ampte vir Italië verkies.

Nadat hy die ampte van quaestor en praetor met meer as gewone welslae voltooi het, het hy die konsulskap in 120 n.C. Arrius, 'n onkreukbare en gekultiveerde man, was Antoninus se oupa aan moederskant wat ook met die jonger Plinius bevriend was. Na sy vader se afsterwe is Pius onder die sorg van Arrius Antoninus opgevoed. Hy was die seun van Aurelius Fulvus, 'n Romeinse konsul wie se familie uit Nemausus (Nimes) afkomstig was. naby Lanuvium gebore en was Romeinse keiser van 131 tot 161 n.C. Afrikaans: Antoninus Pius is op die 19de September 86 n.C.
